Friday, October 19, 2007

U is getrou

O Here U is so getrou. Van die dag van my geboorte kyk U na my.

Alles wat ek het, het ek van U ontvang, en dit is ontelbaar! Ek sien, hoor,

Kan dink en redeneer, gesels en lag. En as daar 'n traan is, is U daar om te troos.

U is Groot en Magtig.

Here, U is my lewe, U sorg vir my. U het die aarde gemaak en alles daarop en

'n Pragtige deel is vir my afgemeet. Dankie Vader. Elke dag is vol van U

Genade; en dit is alles onverdiend.

Bly by my o Heer - nou en altyd.
Amen.

No comments: